Levy Mwanawasa

Levy Mwanawasa
Levy Mwanawasa
Levy Mwanawasa in 2006

3de President van Zambië
Ampstermyn
2 Januarie 2002 – 19 Augustus 2008
Vise Enoch Kavindele
Nevers Mumba
Lupando Mwape
Rupiah Banda
Voorafgegaan deur Frederick Chiluba
Opgevolg deur Rupiah Banda

Persoonlike besonderhede
Gebore 3 September 1948
Mufulira, Noord-Rhodesië (tans Zambië)
Sterf 19 Augustus 2008
Parys, Frankryk
Politieke party MMD
Eggenoot/-note Maureen Mwanawasa
Kind(ers) 7
Religie Baptisme

Levy Patrick Mwanawasa (3 September 1948 tot 19 Augustus 2008) was Zambië se derde president wat die land geregeer het van Januarie 2002 tot sy dood in 2008.

Sy voorganger was Frederick Chiluba en sy opvolger Rupiah Banda, wat adjunkpresident ten tyde van sy dood was en waargeneem het tot hy tydens 'n buitengewone presidentsverkiesing op 30 Oktober 2008 tot dié amp verkies is. Mwanawasa se grootste bydrae was sy pogings om korrupsie uit te wis. Hy het van 1991 tot 1994 as adjunkpresident gedien. Hy was ook parlementslid van die Movement for Multiparty Democracy vir die kiesafdeling Chifubu. In 1996 daag hy Chiluba uit om die presidentskap van die MMD, maar tree uit die politiek toe hy die aftog moes plaas en tree eers weer toe tot die openbare lewe toe die party hom in Augustus 2000 as kandidaat verkies vir die presidentsverkiesing op 27 Desember 2001, wat hy wen met net 29% van die stemme.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search